Laai PDF     Kontak ons     English

Private Bankdienste
Welkom by Private Connect Maart 2018
Beste Private Bankdienste-kliёnt

Welkom by die jongste uitgawe van Private Connect.

Die eerste paar maande van 2018 was inderdaad merkwaardig. Waar ons nou die volgende skof van die jaar aanpak, wil ons jou bedank dat jy ons as jou finansiŽle vennoot gekies het.

Jy maak dalk teen diť tyd gereed vir die volgende kort vakansietydperk aan die einde van April, begin Mei. As jy beplan om oorsee te reis, maak seker jy weet hoe om jou geld doeltreffend te bestuur. Ons bekyk die moets en moenies rondom deviesebeheer en valutaprodukte wat jou vakansie moeitevry maak.

Met stygende brandstofpryse, en 'n wens om meer omgewingsvriendelik te wees, wil jy dalk jou keuse van voertuig heroorweeg. As jy geneig is om eerder plaaslik te reis, waarom oorweeg jy nie 'n uitstappie na een van Suid-Afrika se verborge skatte nie? En om jou daar te kry, kyk ons na SA se mees brandstofdoeltreffende motors, van inprophibriede tot elektriese voertuie.

Oos, wes, tuis bes en miskien is tuis onthaal meer in jou kraal. As jy 'n wynliefhebber is, sal jy meer wil weet oor die ingewikkeldhede om wyn te stoor. Ons gee 'n paar basiese wenke om te verseker dat die kwaliteit van jou gunsteling bottels wyn langer behoue bly. Dis belangrik om gehidreer te bly; onthou dus om water by jou drankversameling te voeg. En stel ons aanbevole watersuiweringstelsels op die proef om te verseker dat jy gesonder opsies vir hierdie waardevolle hulpbron het.

Wat jy ook al beplan, wees altyd bedag op die risiko's verbonde aan aanlynbedrog. Met meer as R1 miljard wat jaarliks weens kubermisdaad in Suid-Afrika verlore gaan, sal die beskerming van jou persoonlike inligting baie help om jou veiligheid aanlyn te verseker. Ons gee top wenke om jou te help om 'n kuberaanval te vermy.

Ons prioriteitsdiens bied jou ononderbroke toegang tot 'n reeks gerieflike dienskanale oor die vakansietyd. Ons is deur ons eksklusiewe Private Bankdienste-suites, pasgemaakte digitale oplossings, Private Assist of op 'n drafstap met ons bankdienste-app vir jou bankdienstebehoeftes beskikbaar.

Wees verseker van ons voortgesette verbintenis om jou 'n beter bankervaring te bied.

Kontak jou toegewyde Private Bankier of Private Assist (24/7) per telefoon by 0860 553 553 of per e-pos by privatebanking@absa.co.za

Vriendelike groete

Gavin Lomberg
Bestuurshoof: Private, Welvaart- en Islamitiese Bankdienste
In hierdie uitgawe
Gebalanseerde belegging
Bestuur jou geld slim terwyl jy reis
Wees waaksaam teen aanlynbedrog
Bring jou geld terug huis toe
SA se mees brandstofdoeltreffende motors
Hoe om wyn te berg
Watersuiweringstelsels
Bulletin




   
Hoofartikel
 
Gebalanseerde belegging
 
Beleggers se grootste uitdaging is om aanvaarbare opbrengste op hul beleggings te verdien terwyl hulle die risiko's daaraan verbonde bestuur.
 
 Meer



Bestuur jou geld slim terwyl jy reis
 
Dit is belangrik om jou geld wys te bestuur terwyl jy reis om 'n suksesvolle en genotvolle vakansie te verseker.
Wees waaksaam teen aanlynbedrog
 
Volgens die South African Banking Risk Information Centre (SABRIC), verloor Suid-Afrika elke jaar meer as R1 miljard aan kubermisdaad.
Bring jou geld terug huis toe
 
Daniel Buntman, Hoof: Internasionale Bankdienste, Absa RBB, verduidelik hoe om internasionaal te spaar van jou plaaslike rekening.
SA se mees brandstofdoeltreffende motors
 
Die begeerte om die verantwoordelike ding te doen, dryf meer mense om dit te oorweeg om inprop-hibriedmotors en geheel elektriese motors te koop.
Hoe om wyn te berg
 
Bottelwyne is delikaat en behoorlike berging is belangrik om te verseker dat hulle die beste kans het om langtermynveroudering te weerstaan.
Watersuiweringstelsels
 
Die water wat uit jou kraan kom is nie noodwendig gesond vir jou nie, daarom is die suiwering van drinkwater 'n belangrike oorweging.
Private Bankdienste Bulletin
 
Absa Bank Beperk Reg-no 1986/004794/06, Gemagtigde Finansiëlediensteverskaffer Reg No NCRCP7
 
E-posvrywaring en maatskappy-inligting: Disclaimer
As U nie meer die e-pos wil ontvang nie, stuur 'n epos aan unsubscribe om van die lys afgehaal te word.
© Absa 2013